English Version



Word deel van ons poslys om die nuutste inligting oor Nadors te ontvang.

Welkom by Nadors se Webtuiste!

-= NADORS is =-

Jaco "Klipdrift" le Grange -- Akoestiese kitaar, Mondfluitjie, Vocals
Werner "Castle" Kruger -- Baskitaar, Vocals
Johan "Mampoer" Meiring -- Dromme, Shaker
Christopher "Velvet Vissie" Francis -- Klankingenieur
Wilmar "Witblitz" van Heerden -- Elektriese "Lead" kitaar
Henri "OBS" Cloete -- Elektriese ritme kitaar, Vocals

Jaco en Vis is TERUG!!


-= NUUS =-

Sjoe, kan jy glo dat dit al VERBY die middel van die jaar is?? Hierdie jaar gaan selfs vinniger as verlede jaar verby! In elk geval, hier's bietjie meer info oor wat die Nadors ouens deesdae nog aanvang:

Vis en Jaco is nogsteeds in Engeland. Vis werk nogsteeds as 'n sekerheidswag, en Jaco is nou 'n verkoopsverteenwoordiger vir 'n nuwe gasmaatskappy. Altwee van hulle werk baie hard, en ons kan nie wag vir hulle om terug te kom nie. Hulle land op 25 November om 07h00 op Jo'burg Internasionale Lughawe.

Wilmar bly nog lekker in Stellenbosch, waar hy deel is van die "Joyful Noise Ministries" musiekgroep. Hy't selfs 'n band genaamd "Point Break" saam met van die ander ouens by JNM begin, en hulle ROCK die Kaap! Gaan groot, ouens!

Henri, Johan en Werner swot almal nogsteeds by die Universiteit van Pretoria. Henri swot Bedryfsingenieurswese, Werner swot Elektriese Ingenieurswese, terwyl Johan besluit het om 'n ander pad as normaal te volg, en swot BCom Informatika.

So, hier sit ons en wag maar geduldig vir al die Nadors maters om weer by mekaar te wees sodat ons weer wonderlike musiek saam kan maak!



© 2002-2003 deur Nadors
Alle Regte Voorbehou


Hierdie webtuiste is ontwerp en word onderhou deur Synergex Web Design.
Rig gerus enige vrae, kommentaar of voorstelle wat jy het, aan die webmeester.
Laas opgedateer op 06 August 2003.